Substantiewe beleidsimplementering en die erosie van kiesersvertroue as faktore in die konsolidering van die Suid-Afrikaanse demokrasie

As vertrekpunt vir hierdie artikel word Suid-Afrika beskryf as ’n ontwikkelingstaat, tans onderworpe aan ’n proses van demokratiese konsolidasie. Hierdie onafgehandelde proses word direk verbind aan die oorgang vanaf ’n ou (apartheids-) na ’n nuwe (demokratiese) bedeling. In hierdie opsig word Suid-...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Published inTydskrif vir geesteswetenskappe Vol. 60; no. 3; pp. 596 - 618
Main Authors Van der Elst, Herman, Rieder, Ilse
Format Journal Article
LanguageAfrikaans
English
Published Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 01.09.2020
Subjects
Online AccessGet full text

Cover

Loading…
More Information
Summary:As vertrekpunt vir hierdie artikel word Suid-Afrika beskryf as ’n ontwikkelingstaat, tans onderworpe aan ’n proses van demokratiese konsolidasie. Hierdie onafgehandelde proses word direk verbind aan die oorgang vanaf ’n ou (apartheids-) na ’n nuwe (demokratiese) bedeling. In hierdie opsig word Suid-Afrika dan ook ingesluit onder die definisie van ’n transformasionele staat. Die term “transformasionele demokrasie” verwys vervolgens na ’n demokrasie wat tot stand gekom het as gevolg van ’n bevrydingstryd, en getransformeer het vanaf ’n outokratiese of koloniale regime na ’n konstitusionele staatsorde. Daar word geargumenteer dat daar in vele opsigte voldoen is aan die vereistes van prosedurele transformasie ná 1994, met die aanvaarding van die grondwet in 1996 en die instelling van konstitusioneel-demokratiese strukture en instansies, en veral die hervorming van die regstelsel en die instelling van vrye en regverdige verkiesings. In terme van substantiewe transformasie bly die proses egter nog onafgehandel. Dit is juis hierdie gebrek aan substantiewe transformasie wat gelei het tot ’n afname in kiesersdeelname en kiesersvertroue. Teen hierdie agtergrond is die oogmerk van die artikel om die effek van die erosie van kiesersvertroue op die politieke landskap en die uiteindelike proses van sowel historiese as huidige demokratiese konsolidasie in Suid-Afrika te bepaal. Ten einde hierdie doel te bereik word daar eerstens, op ’n holistiese wyse, gefokus op die rol van die staat in moderne ontwikkelende demokrasieë. Tweedens word die artikel vernou tot die aard van kiesersvertroue in gevestigde en transformasionele demokrasieë. Teen hierdie kontekstuele agtergrond word derdens gefokus op die Suid-Afrikaanse situasie. Hier word spesifiek verwys na die stygende trajek van onder­steuning vir die ANC in nasionale en plaaslike verkiesings tussen 1994 en 2004, met daarteenoor die moontlike oorsake vir die afname in ondersteuning vir die ANC-regering ná 2004. Terselfdertyd word die afname in stemopkoms reeds sedert die verkiesing in 1999 in teenstelling tot die groeiende stemouderdompopulasie (SOP) tot en met die nasionale verkiesing in 2019 onder die soeklig geplaas. Met die oog op die projeksie van ’n toekoms-scenario rakende politieke konsolidasie word die daling in stemopkoms en die onderliggende erosie van kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse politieke landskap, ter afsluiting, in verband gebring met mislukkings in die bereiking van veral substantiewe ontwikkelingsdoelwitte en -uitkomste.
ISSN:0041-4751
2224-7912
DOI:10.17159/2224-7912/2020/v60n3a3