n Deskriptiewe ondersoek na Sheila Cussons se poësievertalings aan die hand van Lefevere se sewe strategieë

Sheila Cussons word as een van die grootste Afrikaanse digters beskou. Melding van belangrike temas in haar oeuvre word algemeen in bestaande navorsing gemaak, byvoorbeeld oor vuur (De Villiers 1982), die visuele (Scholtz 1991), religieuse intertekste (Matthee 1984, Engelbrecht 2012), die bonatuurli...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Published inStellenbosch papers in linguistics plus Vol. 45; no. 1; pp. 167 - 185
Main Author Swart, Marius
Format Journal Article
LanguageAfrikaans
Published University of Stellenbosch 10.01.2015
Stellenbosch University
Subjects
Online AccessGet full text

Cover

Loading…
More Information
Summary:Sheila Cussons word as een van die grootste Afrikaanse digters beskou. Melding van belangrike temas in haar oeuvre word algemeen in bestaande navorsing gemaak, byvoorbeeld oor vuur (De Villiers 1982), die visuele (Scholtz 1991), religieuse intertekste (Matthee 1984, Engelbrecht 2012), die bonatuurlike, goddelike of metafisiese (De Villiers 1984; Gilfillan 1984), asook die Katolieke en die mistieke in haar werk (Van Vuuren 1989), en die belang van metapoësie (Janse van Rensburg 1995). Kannemeyer (2005:453-459) verwys veral na Cussons se tegniese bedrewenheid en lig ook die "verwagtende uitsien na eenwording en die versmelting met God" (2005:457) as 'n sentrale motief in haar werk uit. Dit is egter nie so algemeen bekend of so omvattend nagevors dat Cussons ook in die 1980's 'n bundel vertalings van haar eie poësie onder die titel Poems: a selection (1985) by Tafelberg gepubliseer het nie. Dié bundel bestaan uit seleksies uit haar bundels vanaf Plektrum (1970) tot by Membraan (1984) (Cussons 1985). In hierdie artikel, wat deel uitmaak van 'n meer omvattende ondersoek oor poësievertaling, word gepoog om deur 'n vergelykende lees van die Afrikaanse en Engelse gedigte in die bundel te bepaal of daar by Cussons 'n definieerbare "tipiese" vertaalstrategie of -strategieë afgelees kan word teen die agtergrond van Lefevere (1975) se beskrywing van sewe strategieë vir die vertaling van poësie. Daar word bevind dat Cussons se vertalings met sommige van Lefevere se strategieë ooreenstem, maar van ander geen blyke gee nie. Verder word daar in sekere vertalings strategieë aangewend wat nie onder Lefevere se raamwerk verklaar of ingedeel kan word nie, en in heelparty gevalle word daar op die oog af gewoon idiosinkraties vertaal. Ten slotte word aanvullings by Lefevere se model voorgestel vir die ontwikkeling van 'n vollediger raamwerk vir die bestudering van vertaalde Afrikaanse poësie. A descriptive investigation into the poetry translations of Sheila Cussons using Lefevere's seven strategies Sheila Cussons is generally seen as one of the great Afrikaans poets. Important subjects in her work include fire (De Villiers 1982), the visual (Scholtz 1991), religious intertexts (Matthee 1984; Engelbrecht 2012), the supernatural and metaphysical (De Villiers 1984, Gilfillan 1984) as well as Catholicism and mysticism (Van Vuuren 1989), and the importance of meta-poetry (Janse van Rensburg 1995). Kannemeyer (2005:453-459) notes her technical prowess and points out the expectation of becoming one with God as a central theme in her work. Cussons is also known for her translations of Borges' stories into Afrikaans under the title of Die vorm van die swaard en ander verhale (1981). However, it is not as well known or well researched that she also published a volume of translated poems from her own work in the 1980s, entitled Poems: a selection (1985). This volume contains selections from her poetry from the titles Plektrum (1970) to Membraan (1984) (Cussons 1985). A descriptive investigation into the translations contained in Poems: a selection is offered in this article.
ISSN:1726-541X
2224-3380
DOI:10.5842/45-0-634