Die rol van die fasiliteerder in die leerproses om ’n positiewe gesindheid te bewerkstellig teenoor indiensopleiding vir die vak wiskundige geletterdheid
Die doel van hierdie studie is om ’n deelnemende strategie vir die indiensopleiding van onderwysers te ontwikkel ten opsigte van die rol en funksies van belanghebbendes op makro-, meso- en mikrovlak. Binne ’n projekomgewing is daar spesifieke belanghebbendes, elkeen met bepaalde verantwoordelikhede...
Saved in:
Published in | Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe Vol. 13; no. 3; pp. 582 - 629 |
---|---|
Main Authors | , |
Format | Journal Article |
Language | Afrikaans |
Published |
Litnet
01.12.2016
|
Subjects | |
Online Access | Get full text |
ISSN | 1995-5928 |
Cover
Summary: | Die doel van hierdie studie is om ’n deelnemende strategie vir die indiensopleiding van onderwysers te ontwikkel ten opsigte van die rol en funksies van belanghebbendes op makro-, meso- en mikrovlak. Binne ’n projekomgewing is daar spesifieke belanghebbendes, elkeen met bepaalde verantwoordelikhede en funksies.Om hierdie doel te bereik is ’n model ontwerp wat die indiensopleidingsingreep vir die vak wiskundige geletterdheid bespreek. Die Departement van Basiese Onderwys wend doelgerigte pogings aan om indiensopleiding ten opsigte van wiskundige geletterdheid aan onderwysers te verskaf in die Verdere Onderrig- en Opleidingsfase. Inhoude van hierdie ingreep realiseer nie in die klaskamer nie, as gevolg van die volgende faktore:Die Departement se verantwoordelikheid ten opsigte van die indiensopleiding eindig met die opleidingsingreep self. Belangrike elemente soos gesindheidsverandering word nie in ag geneem nie.Fasiliteerders wat nie oor die nodige fasiliteringsvaardighede beskik nie, word lukraak aangestel.In die beplanning van indiensopleiding is onderrig ’n integrale faset. Bloom se taksonomie verskaf ’n struktuur vir indiensopleidingsbeplanning wat in hierdie artikel bespreek word omdat hy ’n taksonomie vir leer in die opleidingsituasie binne die gedrags- (behavioristiese) domein ontwikkel wat drie vorme van leer geïdentifiseer het:’n kognitiewe domein, wat kennis verteenwoordig’n affektiewe domein, wat die gesindheidsontwikkeling van kursusgangers beïnvloed’n psigomotoriese domein, wat die bemeestering van vaardighede behels.In die indiensopleidingsmodel vir wiskundige geletterdheid word die verantwoordelikheid van die Departement van Basiese Onderwys aangespreek, daar word op probleme gewys en aanbevelings word voorgestel. Die kardinale rol wat gesindheid in die totale indiensopleidingsingreep speel, word beklemtoon. ’n Perspektief rondom die vaardighede waaroor ’n fasiliteerder moet beskik en volwasse kursusgangers se fisieke-leer-voorkeure. om ’n geslaagde indiensopleidingsingreep vir wiskundige geletterdheid daar te stel word verskaf. Voorbeelde van fisieke-leer-voorkeure is breinoorheersing, en kinestetiese-leer-, ouditieweleer- en visuele-leer-voorkeure. Die model mag moontlik tot ’n meer geslaagde ingreep bydra.The role of the facilitator in the learning process in order to create a positive attitude towards in-service training of mathematical literacyDrawing on their experience of materials development, the authors focus attention on the importance of distinguishing between mathematics and mathematical literacy and address the issue of the role of mathematical literacy in the Curriculum Assessment Policy Statements (CAPS) as well as the need for a proper understanding of the contexts used to teach mathematical literacy.In the CAPS curricula, mathematical literacy features as a competence to be acquired by all learners. An important change in the new curriculum for the grade 10–12 band is that all learners will have to take mathematics or mathematical literacy as a subject from grade 10 to 12. That is, for the first time all learners who leave the schooling system will have taken some mathematics up to the end of schooling in grade 12. This has meant a major and substantial intervention to reskill and upgrade teachers to be able to deliver the new mathematical literacy curriculum. |
---|---|
ISSN: | 1995-5928 |